Skepe

Hierdie kolosse wat die oseane van die aardbol deurkruis is altyd indrukwekkend, veral wanneer in ag geneem word, die tonne staal waaruit dit bestaan, die tonne gewig wat dit dra, en wanneer na skepe gekyk word wat voertuie tussen lande vervoer, hoe daar somtyds 3000 motors uit (of in) een skip gelaai word.

Elkeen van diè fotos het ek vanuit my woonstel geneem. Die van skepe op die hawe het ek vanaf my agterstoep geneem, en diè op die oop oseaan het ek vanuit my sitkamer geneem. Na jare wat ek hier woon is vele van die skepe al herkenbaar wanneer dit op die horison verkyn, selfs voor die naam gelees kan word.

Om 'n groter foto te sien kan op die foto gekliek word, en om, terug te keer na hier, kliek op 'Back'
òf as daar 'n kruisie in die regterkanste boonste hoek van die foto is, kliek bloot daarop.

Die Aurora is 'n middel-grootte toerskip wat onmiddelik herken word aan haar elegante agterstewe en daar is 'n kroeg, casino, bioskoop en teater in die skip. Dit is ontwerp om die oseane van die aarde te deurkruis, en dit doen ook so deur die volgende lande as bestemmings te hê:
    * Afrika
    * Asië & die Ooste
    * Australasië
    * Balties
    * Kanariese Eilande
    * Karibiese Eilande
    * Sentraal Amerika
    * Britanje
    * Mediterreense Lande

    * Fjorde Kus & Ysland
    * Indiese Oseaan
    * Panama Kanaal
    * Suid Amerika
    * Stille Suidsee
    * Die Midde Ooste
    * VSA & Kanada
    * Wes Mediterreense Lande
    * Wêreld Toere








Die MSC Melody behoort aan MSC Cruises en dit het plek vir 1076 passasiers en daar is 532 kajuite.
Die personeel bestaan uit ongeveer 535 mense.

25 April 2009, tydens 'n vaart vanaf Durban na Italië, was dit aangeval deur seerowers, terwyl dit sowat 300 km vanaf Seychelles was.
'n Spoedboot met ses seerowers aan boord het langs de Melody in beweeg, met outomatiese wapens gevuur, en probeer om op die Melody te klim.

Passasiers het die rowers van die skip afgehou deur hulle met tafels en stoele te gooi, totdat die skip se sekuriteitspersoneel in aksie was. Pistoolvuur het die rowers terug gedwing na hul boot vanwaar hulle vir nog 'n paar minute geskiet het op die Melody.

Bemanning op 'n Spaanse fregat het die seerowers gevang en aan die owerhede by die Seychelles oorhandig.
Die Melody vermy nou seerowerbesoedelde waters.

Die skip is 204.7m lank en 30.15m breed. Dit weeg sowat 35 ton en vaar teen 18 knope.







Die 'Silver Wind' een van ses luukse skepe wat behoort aan Silversea Cruises,
is 'n 17000 ton skip met plek vir 298 passasiers en bemanning van 197.

Silver Seas
          Silver Explorer 
          Silver Spirit
          Silver Wind
          Silver Whisper
          Silver Cloud
          Silver Shadow

Daar is 'n spa, gym, restaurante en sitkamers aan boord.
'n Skip vir minder passasiers met die klem op weelde.








Méduse, Paul Allen se kleinste jag.
Dit is 61.1m en gebou in 1996.
Hy besoek Durban somtyds, en ek het ook (erens) fotos van sy ander jag
wat op 'n stadium die grootste jag ter wêreld was.
Die rekord is defnitief nie meer geldig nie, want rekords word jaarliks oorskrei.






Höegh Autoliners se Höegh Brasilia
Foto geneem 23 Januarie 2012
Noorweegse skip wat al die kontinente bedien.
Dìt is een van die skepe waaarvan ek gesê het, dit al bekend is wanneer dit op die horison verskyn.





en hier is NYKLINE se
Delphinus Leader,
200m x 32m

3 foto's bo, langsaan en onder, is Delphinus Leader
wat seil vir NYKLINE
Voertuigdraer geregistreer in Panama
Besig om voertuie af te laai in Durban.
Fotos geneem 24 Januarie 2012






The World is uniek. Dit is die grootste skip in die wêreld wat in privaat besit is.
Dit het 165 woonplekke wat aan privaat eienaars behoort en op die skip woon terwyl
dit om die wêreld seil.







Sinfonia is die Italiaanse weergawe van die woord Simfonie. Sy is in 2002 gebou in Frankryk en behoort aan MSC Cruises. Hier is 'n hele bladsy oor die Sinfonia op die blog. 'n Skip wat 'n spesiale plek by my beklee omdat ek dit beter ken as enige van die ander skepe. Het 'n toer daarop meegemaak en wanneer ek by die venster of deur uitkyk is dit reg voor my, vanwaar dit toere landuit doen.







Langsaan en onder is 'n paar fotos van die Queen Mary 2.  Die fotos is geneem die 29ste Januarie 2012.

 Queen Mary 2 is die grootste passasiersskip ooit gebou. Die sterkste, die vinnigste en
ver voor die ander passasiersskepe vir die onmiddelike toekoms.









 Hier is 'n paar fotos van die QM2 (Queen Mary 2) wat ek geneem het  vanuit 'n ander venster in my sitkamer vanwaar die hele lengte van die ingang/uitgang van die hawe binne sig is.













Bruto gewig 150 000 ton
Lengte 345 meter
Breedte 41 meter
Breedte by die Brug 45 meter
Diepgang  10 meter
Hoogte 72 meter
Passasiers 2620 (3090 maks)
Dekke 19

Elke passasier word voorsien van 'n unieke epos adres wanneer aan boord gegaan word.