Sinfonia




Beskrywings (tensy anders aangedui), verwys na die foto's direk bo dit.
As op die foto's gekliek word, sien jy 'n vergrote weergawe daarvan.
Kliek dan op 'Back' om terug te keer na  die blog.

Die reeks foto's gaan oor ons reis langs die Ooskus van Afrika, met die Sinfonia, en behoort enigeen wat daarna kyk, te motiveer vir dieselfde ondervinding. Die Sinfonia is 'n weelderige hotel wat om die wêreld reis.







Hierdie is 'n foto wat ek, voor die toer, vanuit my sitkamer geneem het van die Sinfonia terwyl dit verby vaar. Die rede vir die inditikit daarop, is omdat die oorspronklike hiervan voorberei is vir drukwerk, in 'poster' grootte. Dit is dieselfde foto wat ek aangepas het vir hier.



Opgewonde groep, almal laggend en geselsend want die lang beplande toer lê voor.


Nà ons deur die doenae-proses is, is ons na ons kajuite, waar ons bagasie reeds voor die deure lê. Die begin van diens wat passasiers soos konings en koninginne laat voel. Onverbeterlik! Jou bottel Klipdrift wat in jou tas was  voor jy dit op die vervoerbande by die doeane gelaai het, is nie meer daar in nie. Jy sal dit egter terug kry aan die einde van die toer. Intussen sal jy gebruik maak van dit wat op die skip beskikbaar is:-)


Kom ons loer hoe lyk dit binne, voor ons na die dek, waarvandaan ons die vertrek kan ervaar, verkas.

Gemak, met 'n bed wat rustig op die deinings skommel. 'n Bed soos 'n wieg. Dit wieg heen en weer. Mense wat op so 'n reis was sal jou vertel dat jou bed en huis vir 3 dae wieg na na afloop van die toer. Baadjie? Natuurlik, gaan kyk hoe reën dit buite:-)
Uitgepak en nuuskierig oor ons tuiste vir die volgende paar dae, vat ons die pad na die boonste dek. En as jy na hierdie lang gang kyk, moet ek jou daarop wys dat diè skip meer as 'n ¼ kilometer in lengte is.

Dit reën..! Almal is nat maar dit demp nie die plesier nie! Ons groet mekaar met hare wat in slierte hang.




Geen buitelandse skip mag die hawe verlaat sonder 'n lokale/hawe-kaptein aan boord.
Dit wat julle hier sien, is absoluut standaard met die vertrek van enige vrag of passasiersskip.
Wanneer 'n skip buite die hawe is neem 'n helikopter die lokale kaptein terug na die hawe.
Ons vertrek...!!!
Durban se ligtoring aan ons regterkant...
en my woonstel, vanwaar ek vele, onder meer die eerste in die reeks, foto's geneem het, links van ons. Interessante ervaring, op 'n manier. Vanuit my woonstel neem ek vele foto's van skepe wat hier vaar. Nou fotografeer ek my woonstel vanuit hierdie posisie.

Diepwater, buite ons gebiedswaters, met slegs water rondom ons op die horison, vaar ons voort...

Alles is georganiseer in die kajuit soos ons dit wil hê vir die komende dae, en ons kan die omgewing verken!
Onthou om op die foto's te kliek vir 'n groter weergawe as dit interessant genoeg lyk:-)








Ons kyk deur die kajuitvenster en ons is in Maputo!

Een van vele interessante feite... wanneer ons by 'n hawe vasmeer, begin werkers om die skip se verf op te knap!
Bussies het gewag om ons die stad in te neem. Toe my vrou en ek in een daarvan klim, het die bestuurder vir 'n tyd gewag en toe besluit dat ons die enigste passasiers in die bus is, en vertrek. Hy het  ons versoek om te sê waar hy moet stilhou en wanneer hy moet vertrek, en het as toergids gedien Die busbestuurder het my gevra om voor in die bus op die passasierssitplek te sit en hy het die besienswaardighede beskryf. Ons het ons eie toerbus gehad wat gery het en stil gehou het soos opdrag gegee, en ons het fotos geneem na hartelus!




Ek is seker daarvan dat ek nie hierdie foto geneem het nie!
Skoonmakers het die tyd geneem om matte skoon te maak terwyl ons in die stad was.
Hierdie is 'n Internet Kafee op die skip.
Een van vele bedieningstoonbanke.
'n Juwelierswarewinkel.

Een, van die baie sitkamers op die skip.




Ons het so pas reëlings getref vir om aan land te gaan by een van die hawens.




Hierdie foto is uit ons kajuit geneem. Dit is by Bara Lodge en die skip kan nie nader aan die land gaan. Motorbote wag langs die skip om ons na die land te neem.









Hierdie vriendelike twee mense was ons bure gedurende die toer. Hulle was in die kajuit reg voor ons. Die foto is in ons kajuit geneem en ons het goeie vriende geword tydens die toer, maar ek kan nie name onthou. Ek kan wel onthou dat sy 'n doktor op een of ander vakgebied is en indien julle, of enige van jul kennisse  hierdie blog sien, sê asseblief hallo by die kommentaar gedeelte op die eerste ander bladsy.
'n Deel van die Oos Afrika kuslyn.


Die gym was een van ons kuierplekke, alhoewel ek werklik geen plek kan uitsonder nie.

Hierdie is 'n plek wat spesiaal vir kinders ingerig is.





Hier was ons in 'n geweldige seestorm. As jy op die kaart (onder) kyk, sal jy sien dat ons op daardie stadium nader aan Madagskar as aan Afrika was, en dit is waar ons in 'n seestorm beland het. 'n Woeste ervaring, want ons het nie gaan sit nie maar steeds aanhoudend rond geslinger op die skip. Jy't reg gehoor, rond geslinger, want daardie masiewe skip is soos 'n kurkprop in die water rond gegooi! En as jy dan ook net een hand gebruik om te keer teen die mure en handreëlings, en voorkom dat die bier in jou ander hand stort, kan dit nogal heelwat van 'n balanstoertjie wees!








Alweer jy met jou kamera...!!!!!














Portugeuse Eilande

Baie van die plafonne op die skip is spieëls.

Hierdie is die teater wat een van ons gunsteling kuierplekke was. 'n Plek waar talent uit die hoogste rakke gesien word.















Hierdie was tydens 'n oefening om die skip te verlaat as dit sou sink.


Ons tafelkelner. Tipies van die werklik goeie diens op die skip, het dieselfde kelner ons met elke aandete bedien. Die gevolg is dat hy geweet het wat ek drink en wanneer ek in die aande by die tafel gaan sit het, het hy na my gestap en gevra of hy vir my 'n bier kan bring, en kort daarna 'n beker skuimende Heineken voor my neer gesit.

Een van die klerewinkels op die skip.




Baie interessant - toe ons die man vra of ons 'n foto kan neem het hy ietwat uit die veld geslaan gesê dat dit die eerste keer is wat iemand hom op die skip fotografeer. Dit was weer 'n les om skoonmakers met dieselfde eerbied aan te spreek as mense op 'n hoër vlak. Dit het hom soos die kaptein van die skip laat voel!