Botanies

 Ons het almal 'n plek waar ons graag gaan kuier tydens spesifieke tye. Somtyds wil ons jolig wees saam met vriende, somtyds lighartig saam met kinders op swaaie speel, en somtyds wil ons ernstiger wees. Hier is waar ek gaan kuier wanneer ek stilte en vrede soek. Durban het verskillende tuine van hierdie aard, met verskillende temas. Botaniese Tuine, Japanese Tuine, plekke langs riviere met uitkykplekke vir voëlkykers, tuine met eksotiese diere en dies meer. Durban is geleë in die hartjie van die bosveld, op die rand van die land. Die hele Suid Afrika is pragtig. Geniet en waardeer jy die prag van die natuur, of kyk jy bo-oor dit?
Hier kan jy so effens, net so effens, deur 'n venster van die Ateljee van die Groot Kunstenaar, loer.

 Ek het al by van die duurste restaurante in Durban en elders geëet.
'n Piekniek hier is soveel lekkerder, jy kan dit nie eens vergelyk nie.




 'n Mammie bewonder ook met haar baba, die prag en die perfekte balans van die natuur om ons.



Almal hier het vrede met almal. Wilde voëls word met die hand gevoer.
Hier is 'n groep Kolganse besig om luilekker te ontspan op die gras.

 Hier word ons so ietwat uit die hoogte beskou.


 Een van my gunsteling fotos.














 'n Besoeker wat ooglopend hoog in die takke is.
 Haai kyk, glimlag, ons word afgeneem...!
 Orgideë is nie die enigste eksotiese blomme hier nie.
 Proteas daar binne. En vele meer, waterplante ens. Sal later fotos van die binnekant van die 'proteahuis' hier byvoeg. Die waterval wat ek boontoe tussen die lelies geplaas het, is hier binne.

Voëls verwelkom 'n besoeker uit die water aan land.
  
en kinders geniet dit op die swaaie....!!!!!