Indien ons mekaar ken en jy het hierdie blog raak geloop op Internet
is jy welkom om 'hallo' te sê by
davedup@mweb.co.za
Indien ons mekaar
nie ken nie en jy wil steeds 'hallo' sê,
is jy absoluut netso welkom om dit ook te doen dmv bostaande adres.
is jy welkom om 'hallo' te sê by
davedup@mweb.co.za
Indien ons mekaar
nie ken nie en jy wil steeds 'hallo' sê,
is jy absoluut netso welkom om dit ook te doen dmv bostaande adres.


'Die Eiland' is wat ek my woonstel noem. Met rede natuurlik. Ons woon op 'n skiereiland met sig op die see deur elke venster waardeur gekyk word. Die see aan drie kante.
Ek is weer genooi om te emigreer. Die vorige keer was dit deur lokale inwoners wat met dieselfde idee gespeel het en hierdie keer deur aanlynvriende. Twee keer en na verskillende wêrelddele op dieselfde dag! 'n Aanlynvriendin het my genooi na Taiwan waar sy woon en minute vroeër is ek deur iemand in Nieu Seeland daarheen genooi. Natuurlik sal dit die verrassende toeval dat dit op dieselfde dag was wegneem as ek verduidelik dat dìt juis was waaroor die groepsgesprek gegaan het, so dìt sal ek nie noem nie.
Ek was al genooi na Nederland en so ook na Noord-Amerika. Dit is nie so indrukwekkend soos wat dit miskien klink nie - slegs aanlynvriende wat wanneer ons gesels voorstel dat ek ook verhuis na die lande waar hulle is. Inderwaarheid is dìt ons almal se ervaring. Maar iets wat jou tog vir 'n tweede keer laat dink. Rekenaars het die wêreld klein gemaak en ons almal het vriende oor die aardbol. En ek wonder of dit die regte ding is om te doen. En ek bespreek dit met my vrou wie se antwoord nie veel meer as 'n glimlag is nie. In die vroeë oggendure as slaap my ontwyk is dìt een van die dinge waarmee ek my gedagtes besig hou. Dan wonder ek oor valutabeheer, verskille in geldwaardes, verskille in lewenskostes, verskille in lewensstandaarde, emigrasiekostes en dies en daais.
En ek wonder hoe klimatiseer iemand uit die sub-tropiese Durban in Kanada waar die sneeu eers met 'n graaf voor die motorhuis se deur verwyder moet word eer jy kan ry - in sommige lande sommer aan die anderkant van die pad as waaraan jy gewoond is. Waarheen swaai jy as jy impulsief moet reageer?
Een van die kommerwekendste dinge is, sê nou mens emigreer na 'n plek waar daar glad nie nie Mrs. Ball's se Blatjang is nie? En vyekonfyt!!! Dan weer inpak en trek na 'n ander plek?
Vier uur in die oggend maak ek vir my 'n beker sterk koffie en gesels met iemand in Australië wat alreeds middagete geniet het. Die hoofstroom van my gedagtes is oor geliefdes en vriende wie ek sal agterlaat in hierdie land as ek emigreer. En dat ons, die Suid Afrikaners, nou verander het in 'n sigeunervolk. Ek meen, die gypsies was tot hede toe die enigste nasie ter wêreld wat nie 'n eie land het nie. Tot nou toe, het ek gesê.

Dan lees ek die oggendkoerant en begin onmiddelik op Internet kyk na eiendomspryse oorsee want ek wil padgee uit die land waarvan die koerant my in die oggende en die TV-nuus in die aande, vertel. En wonder opnuut waarheen Suid Afrika op pad is. Wat in die toekoms voorlê vir hierdie pragtige land.
Later wanneer ek met 'n beker koffie waaruit die stoom dartel, deur die vensters kyk, wonder ek hoe ek vir selfs 'n oomblik kon oorweeg om te emigreer. Hoe ek daaraan kan dink om hierdie prag agter te laat vir 'n onbekende bestemming.
Kom ek nooi jou om by my te kom staan hier by die venster en te sien waarvan ek praat.

Hier voor die agterdeur is die besigste hawe in Afrika. Die besigste in Afrika en as jy dit wil vergelyk met die res van die wêreld, is dit die 9de grootste in die wêreld.
Hierdie is die laaiplek waarvandaan 'containers' oftewel vraghouers op vragskepe gelaai word.
Daardie vraghouers is so groot dat sommiges dit koop om as motorhuise te gebruik en konstruksiebesighede gebruik selfs daarvan om as kantore en stoorkamers te dien.
Terloops, jy kan op enige van die fotos kliek om dit groter te sien, as jy wil, en dan 'back' na diè blad, of as daar 'n kruisie is op die foto regs bo, kliek bloot daarop om terug te keer na hier. (Verskoon asseblief die kopiereg-teken op die fotos. Eers was dit

Indien jy van hierdie fotos as 'Wallpaper' wil gebruik, is jy welkom.
Kliek op die foto sodat dit groter oopmaak en dan
Regterknoppie en kliek op 'Set As Desktop Background'.
Dan natuurlik 'Back' om terug te wees in die blog. So maklik soos dit.
ek weet, ek weet jy het dit geweet - dit was net 'ingeval'.
Durban se hawe (onder) - Vraghouers op die 'Container Jetty'. Somtyds wanneer mense emigreer word so vraghouer gekoop deur 'n een of twee of selfs meer gesinne, en wanneer hulle by hul bestemming arriveer, word dit weer verkoop.



Kom ek gaan wys jou hoe lyk dit aan die voorkant van my eiland soos gesien uit die sitkamer.


is die Melody besig om deur die hawemond te vaar met 100'e passasiers aan boord.

Die foto onder is die MSC Sinfonia op 'n vaart na Mosambiek.
Dit het plek vir 2000 passasiers terwyl die personeel sowat 600 is.
251.25 meter lank en 11 Vloere met 4 Restaurante en 2 Swembaddens.
Dit is 'n luukse drywende hotel wat mense in weelde om die wêreld neem.
Terloops, die wit seildakke wat jy daar heelbo oor my skouer sien is die wêreld bekende 'uShaka Marine & Waterworld' waar die grootste akwarium in die suidelike halfrond geleë is. Die wit dak aan die regterkant is waar die dolfyne hul vertonings lewer en die een links van dit is waar die robbe hul toertjie uitvoer. Ons sal netnou daar gaan inloer.



My droomvrou.



Facebook is nie vir my nie.
Hier volg nog fotos en met die tyd sal ek dit aanvul
En onthou dat jy die fotos kan vergroot deur daarop te kliek

die wit lig in die lug op die foto onder is 'n straler wat opgestyg het vanaf die lughawe
Die fotos is uit die woonstel geneem.



Hierdie foto (bo) is die Amsterdam van die Holland America Line wat ek gekiek het vanaf my agterstoep. Kliek op die foto en waardeer die prag. Dan verstaan jy waarom emigrasie nie vir my slegs 'n aksie kan wees sonder sentimente nie.

Die wit leeu se foto is miskien ietwat onvanpas hier, maar ek was lus om dit hier in te pas.
Hy is werklik so vriendelik soos hy hier lyk. Ek en my vrou het die voorreg gehad om met hom te gesels en oor die rug te streel. Nie net hom nie maar vele meer. Die bewaarder (leeutemmer) het ons op toer deur die park geneem en veral vir 'n fotograaf, is dit 'n besondere geleentheid. Ons sal later by die leeus inloer.


Onbekende besoekers besig om deur die groot vensters na die seelewe te kyk.









die giftigste vis in die see! Familie van die Scorpian Fish, twee fotos ondertoe.




Een van my gunsteling stokperdjies is digitale skilderwerk. Dit is ook betalend want daar hang van dit teen die mure van verskillende huise en 'n gallery in Durban verkoop dit.
Onder is 'n paar voorbeelde daarvan. Jy sal oplet dat my werk in 'n abstrakte rigting neig.




Awesome !!! on Oribi Gorge
ReplyDeleteEk's bly jy geniet die fotos Monique; pragtige wêreld en so lekker om saam daar te kon wees:-)
Delete